henniestander.co.za

Zuma se portret
Die ANC wil nou ‘n kunsgalery in Johannesburg dwing om ‘n portret van pres. Jacob Zuma te verwyder. Hulle beskou die portret as ‘n erge belediging van Zuma. Die portret staan bekend as The Spear en beeld ‘n ten volle geklede Zuma uit met sy geslagsdele wat uithang. Zuma staan in dieselfde posisie as ‘n bekende standbeeld van Wladimir Lenin.

Ek het lank loop en tob oor wat my houding hierteenoor is. Aan die een kant moet ons die vryheid van kunstenaars erken om uitdrukking te gee aan hulle standpunt. Aan die ander kant is Zuma as president van die land sekerlik ook geregtig op waardigheid. Maar dan moet ek ook byvoeg dat Zuma ook veronderstel is om te alle tye met waardigheid op te tree. Dit help nie ‘n president tree onwaardig op en die volgende oomblik wil jy waardigheid vir jouself opeis nie. Dit is iets wat Bill Clinton ook moes leer. Nadat sy eskapades met Monica Lewinsky aan die lig gekom het, is daar allerhande detail oor sy seksuele verhouding op nasionale en internasionale TV-stasies uitgesaai.

Die les wat ‘n mens moet leer, is dat jy nie respek moet eis van ander mense nie. Jy moet dit eerder met jou lewe afdwing.

Maar aan die ander kant wil ek tog byvoeg dat dit ook gevaarlik is om alle mense en instellings van statuur af te kraak. In die post-moderne wêreld staan dit as “icon-toppling” bekend. Dit gaan daaroor dat die post-moderne mens geneig is om alle ikone in die samelewing tot ‘n val te bring. Dit word gedoen deur byvoorbeeld die beeld van dominees, pastore, die polisie, die howe, onderwysers, en alle leiers en ander gesagsfigure af te breek. En dit kan ook ‘n samelewing vernietig.

Rom 13:2 sê: “Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God.”

Photoshop tel teenstand op
Al hoe meer mense protesteer teen mediahuise se gebruik van Photoshop. Voordat ‘n foto van ‘n model in ‘n tydskrif gepubliseer word, word dit dikwels eers met behulp van “photoshop” gedokter. Dit maak dat die eindproduk ‘n beeld is van ‘n byna perfekte mens: geen vetrolletjies nie, geen moesies nie, geen plooie nie, met rondings en bulte op al die regte plekke. En wanneer jy deur die tydskrif blaai, voel jy soos ‘n lelike monster, want jyself lyk nie soos hierdie beeldskone prentjies nie.

Derduisende mense het nou in New York ‘n petisie teen die gebruik van Photoshop onderteken. In Israel het die parlement ‘n wet hierteen uitgevaardig. Die tydskrif Glamour het aan die begin van die jaar beloof dat sy fotograwe nie foto’s sal verander nie, selfs al vra ’n model dat dit gedoen moet word. In Brittanje het die gesagsowerheid vir advertensiestandaarde advertensies deur die skoonheidshuise Maybelline en Lancôme verbied. Hulle het gesê dat dit “te veel geredigeer” is en dat dit misleidend voorkom.

Bogenoemde mooimaak is net bluf. Daar is ‘n beter manier van mooimaak. Paulus praat daarvan in Kol 3:10 wanneer hy sê: Leef nou die lewe van die nuwe mens, wat al hoe meer vernuwe word na die beeld van sy Skepper en tot die volle kennis van God.

Moenie so kieskeurig wees nie
Daar is tans heeltemal te min mans in Australië vir al die vroue. Blykbaar is een van die redes vir die wanbalans tussen mans en vroue die feit dat baie mans wat in hul twintigerjare of dertigerjare is, die land verlaat om in ander lande werk te gaan soek. Die Katolieke Kerk in Australië het nou gesê dat vroue baie minder kieskeurig moet wees as hulle ‘n man soek, anders gaan hulle op die rak bly sit.

Dit is ‘n baie gevaarlike stelling om te maak, want ‘n paartjie wat opbreek omdat hulle nie met mekaar oor die weg kom nie, veroorsaak ongekende hartseer. Vra maar vir enigeen wat al deur ‘n egskeiding is.

Maar aan die ander kant steek daar ook ‘n stuk waarheid in hierdie oproep. Die feit is dat die perfekte man of perfekte vrou nie bestaan nie. Ook  nie perfekte kinders nie, en ook nie perfekte werkgewers en werknemers nie, en ook nie perfekte kollegas nie, en ook nie perfekte dominees of perfekte gemeentelede nie. En ook ek en jy is nie perfek nie. Dus moet ons mekaar maar net verdra. En dit is nie so moeilik om ander mense met tekortkominge te verdra as jy vir jouself gaan voorneem dat jy eerder op hul positiewe eienskappe gaan fokus nie.

Wanneer ons op negatiewe goed fokus, verbreek dit verhoudinge. Ek hou tans Pinksterdienste by ‘n gemeente. Toe ek vanaand by die kerkgebou uitstap, kom een van die gemeentelede na my toe en snou my die volgende woorde toe: “Ek kan sien die Amerikaanse Negers se maniere het op jou afgesmeer.” Ek weet nie waarna hy verwys nie. Dalk omdat ek net bietjie te veel rondbeweeg het agter die kansel. My vrou sê toe net na die tyd vir my dat hierdie oom al die seën van die Pinkster mis, omrede hy op een aspek fokus waarvan hy nie hou nie. Pleks dat hy op die positiewe fokus. Maar dit is wanneer jy die altyd die negatiewe raaksien, dat jy jouself ongelukkig maak en met niemand oor die weg kan kom nie.

1 Petrus 2:17 sê: “Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê.” As ‘n mens ander rondom jou begin respekteer, en hulle goeie punte raaksien, sal jy verbaas wees hoe jou verhoudings verbeter.

Bullebakke en Boelies
Die Sondagkoerant Rapport vertel van ‘n skoolseun wat na bewering op ‘n rugby-oefenkamp verkrag is. Die skool beskou die voorval as ‘n “poets”. Blykbaar is baie drank gebruik. Die seun se kop is kaalgeskeer, en hy is met ‘n besemstok verkrag. Hy is ook met ‘n piesang gesodomiseer. Hy was nie by sy bewussyn nie weens die drank wat hom ingegee is. Sy wenkbroue is afgeskeer, tandepasta is in sy neusgate opgedruk en ’n falliese simbool op sy voorkop geteken. Alles is met ‘n selfoon afgeneem. Kan jy dit regtig ‘n “poets” noem?

Hierdie berig het soveel herinnering by my opgeroep van boelies wat ook by ons skool was. Ek moet sê dit het nooit sulke afmetings aangeneem nie. Maar hulle het ook gesuip, en was lief om ‘n mens rond te stamp of aan jou te slaan of om jou te wurg met jou skooldas as hulle verby jou loop. Ja die boelies het my ook soms geteiken. Vandag is daar nie een enkele een van hierdie grootmenere wat enigiets in die lewe geword het nie.

Ek hoop dat die boelies wat hierdie seun op die rugby-oefenkamp aangerand het, behoorlik sal boet vir hulle dade. Hulle hoort nie in die samelewing losgelaat te word sonder behoorlike rehabilitasie nie. Maar dit beteken nie dat hulle geen nut het nie. Hulle kan getransformeer word. Jesus het ook maar ‘n paar snaakse karakters as dissipels gehad. Ons lees mos onder andere in Markus 3:17 dat Jesus vir Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus die bynaam Boanerges gegee het, dit wil sê “manne van die donder.”  Blykbaar het hulle ‘n vurige geaardheid gehad!!  Ons lees mos in Lukas 9:54 dat hulle sommer ‘n Samaritaanse dorpie met vuur uit die hemel wou vernietig. Dit was twee gewelddadige manne!

Maar ons Here skryf niemand af nie. Dit is hoekom selfs ek en jy deur Hom gebruik kan word.

Geloof in Pratley
Daar was Saterdag ‘n lugskou van die Lugmagmuseum by die Swartkop-lugmagbasis in Pretoria. By hierdie skou het die vervaardigers van Pratley-gom gewys hoe sterk hulle gom is, en hoeveel vertroue hulle in hul gom het. ‘n Stootskraper wat 13 ton weeg, is met die gom aan ‘n hyskraan vasgeheg, en toe opgehys. Mark Bell, die nasionale verkoopsbestuurder van die Pratley-groep in Pretoria het toe onder die stootskraper gaan staan wat bokant sy kop in die lug gehang het.  Dit is nou ware geloof in jou produk!

Of is dit regtig geloof in jou produk? Ek is oortuig dat daar al honderde toetse in laboratoriums gedoen is met hierdie gom, en daarom weet die Pratley-groep dat hulle hul produk kan vertrou. Hulle het tasbare bewyse en daarom vra dit min moed om onder so ‘n stootskraper te gaan staan wat in die lug gehou word deur jou gom.  Maar geloof in God werk anders. Ons het nie “bewyse uit ‘n laboratorium” dat God bestaan en dat daar ‘n ewige lewe na die dood is nie. Geloof in God is nie gegrond op bewyse nie. Dit is ‘n keuse wat jy maak. En eers nadat jy daardie keuse vir God gemaak, en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar het, wéét jy dat God regtig leef en dat sy Woord waar is.

Ware geloof in God het geen handvatsels waaraan jy kan vashou nie. Dit is ‘n sprong in die duister omdat jy kies om te glo dat God daar is.

Heb 11:1 Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

“Soos ander lande….”
Die departement Kuns en Kultuur bespreek vandag op ‘n slypskool in Benoni of Suid-Afrika nie ook ‘n karnaval moet kry soos die beroemde een in Rio de Janeiro (Brasilië) nie. Kenners van Brasilië en Brittanje gaan saam met verteenwoordigers van die regering oor ‘n karnaval besin.

Ek was eenkeer in Rio de Janeiro net so twee dae nadat die karnaval gehou is, en die mense by wie ek daar gekuier het, het my toe ook vertel met hoeveel eksplisiete seksuele voorstellings die karnaval gepaard gegaan het. ‘n Mens hoop net nie dat hierdie aspek van die Brasiliaanse karnaval ook in Suid-Afrika nageboots word nie.

Die interessante is dat die woord ‘karnaval’ eintlik van ‘n Latynse woord ‘carnelevare’ afkomstig is, wat beteken “om vleis te verwyder’. Dit is omdat hierdie feestyd gewoonlik voor Paastyd gehou is, en in hierdie tyd was dit die gebruik van Vroeë Christene om nie vleis te eet nie. So ‘n “karnaval” het eintlik Christelike wortels, alhoewel dit ook voor dit afkomstig is van die heidense fees Saturnalia.

Maar waaroor ek eintlik wil praat, is die eeue-oue gebruik van mense om altyd “soos ander lande” te wees. En so wil mense ook “soos ander mense” wees. Suid-Afrika wil nou “soos Brasilië” ook ‘n karnaval hou. In die Bybelse tyd wou ook Israel “soos ander lande wees”. So lees ons in 1 Samuel 8:20 dat Israel vir Samuel gesê het: “Ons wil ook soos al die nasies wees. Ons koning moet oor ons regeer; hy moet ons lei en ons oorloë voer.” Hierdie besluit het Israel later ook ‘n klomp hartseer gekos.

As ‘n mens iemand anders wil naboots, laat dit immers goeie eienskappe wees, en nie slegte eienskappe nie.

Die donkie is ‘n wonderlike ding
Dit was gister die internasionale dag vir die donkie. Die donkie het oor die eeue heen ‘n groot rol gespeel in die lewe van die mens.

Die eerste assosiasie met ‘n donkie wat sekerlik in ons kop opkom, is die feit dat Jesus ook op ‘n donkie in Jerusalem ingery het. Ek het al dikwels in preke gehoor dat dominees vertel dat die donkie ‘n baie nederige “vervoermiddel” was. Dit is nie heeltemal waar nie. Daar was nie veel ander alternatiewe nie. Dit is nie asof ons die donkie moet stel teenoor ‘n BMW of ‘n Mercedes nie, want motors het nog nie bestaan nie.  Ons lees wel  in Matteus 21:5 die volgende:  “Sê vir Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe; Hy is nederig en Hy ry op ’n donkie, op die vul van ’n pakdier.” Maar die nederigheid is nie die donkie as sodanig nie. Vir die meeste mense in die antieke wêreld was dit “weelderig” as jy nie hoef te geloop het nie, en dat jy bevoorreg genoeg was om ‘n donkie te gehad het waarop jy kon ry.

Maar donkies is gebruik om mense en diere te vervoer, terwyl perde gebruik is gebruik om oorlog te maak. Perde is dus met mag en militêre krag geassosieer. ‘n Koning moes dus op ‘n perd ry om ook op so ‘n manier sy “magtigheid” te verkondig. En dit is waarom dit as nederig gesien is as spesifiek ‘n koning op ‘n perd ry. Maar vir gewone mense was daar niks “nederigs” daaraan om op ‘n donkie te ry nie. Dit was hulle algemene vervoerdier.

Maar Jesus wat Koning is, was bereid om op ‘n donkie te ry, gestroop van sy Goddelikheid en sy “mag”!

Dit is so ‘n mooi storie
Vandag het ek ‘n pragtige berig gelees: Dit gaan oor Claire Lomas in Brittanje. Sy was in 2007 in ‘n ongeluk met ‘n perd en as gevolg daarvan is sy van haar bors af ondertoe verlam.  Sy het egter ‘n bioniese pak aangetrek wat haar in staat stel om te kan “loop”. Toe gaan neem sy aan ‘n wedloop deel. Die wedloop was 42 km lank, en daar was 36,000 mense wat deelgeneem het. Dit het egter vir Lomas 16 dae geneem om die wedloop te voltooi, meer as 2 weke nadat die ander deelnemers die wedloop voltooi het. Sy het toe gistermiddag klaargemaak. Honderde toeskouers was teenwoordig toe sy uiteindelik na 16 dae by die wenpaal aankom. Sy was in trane van blydskap.

Maar hier kom die ironie. Die organiseerders wou nie vir haar ‘n medalje gee nie, omdat sy nie binne dieselfde dag die wedloop voltooi het nie. Maar omtrent twaalf atlete wat wel die wedloop klaargemaak het en medaljes gekry het, het toe besluit om hulle medaljes vir haar te gee.

Daar is een aspek in hierdie ware verhaal wat ek wil uitlig, en dit is hoe tragies die rigiede toepassing van reëls kan wees. Die organiseerders wou eenvoudig nie die uitsondering maak in hierdie geval nie. Gelukkig werk God nie met sulke rigiede toepassing van reëls nie. Dink byvoorbeeld aan Jesus wat op ‘n Sabbatdag ‘n man met ‘n verdorde hand genees, of hoe Hy en die dissipels op ‘n Sabbatdag deur ‘n koringland loop en are uitvryf en koring eet omdat hulle honger was. Dit was teen die godsdienstige reëls, maar Jesus was verhewe bo dit. Jesus het na beginsels gekyk. Godsdiens wat net uit reëls bestaan, is ‘n dooie godsdiens!

Net één minuut
Die land gons nou nog oor die model Jessica Leandra Dos Santos wat getwiet het oor die “arrogante en disrespekvolle k***** in Spar” wat haar uit haar klere gekyk het. Intussen het sy haar titel as FHM model van die jaar 2011 verloor, en sy is ook talle borgskappe kwyt. ‘n Mens kan hope kritiese vrae vra, soos hoekom is die herrie oor Dos Santos soveel groter as die herrie oor ‘n ander model Tshidi Thamana wat ook ‘n rassistiese twiet getwiet het.

Maar dit is nie die vraag wat ek vandag wil beantwoord nie. Waaroor ek wel wil praat, is hoe een onbesonne besluit van minder as ‘n minuut jou ganse lewe kan beïnvloed. En dit gebeur keer op keer dat iemand in hierdie slaggat trap. Ek dink nie Dos Santos besef hoe duur sy nog gaan betaal vir haar onbesonne besluit om daardie twiet te gestuur het nie. En ‘n mens moet vir geen oomblik dink dat dit net beroemde en bekende mense is wat ‘n blink toekoms kan weggooi met een enkele onoordeelkundige keuse wat hulle uitgeoefen het nie. Ook onbekende mense val in hierdie strik. Dink maar net aan die onherroeplike gevolge dit gehad het vir daardie 4 seuns van Waterkloof Hoërskool toe hulle een aand op die ingewing van die oomblik ‘n swartman in die park doodgeskop het. Dink maar net watter onherroeplike gevolge dit gehad het vir die jong studente van Reitz koshuis toe hulle die werkers in die koshuis met nie genoegsame respek behandel het nie.

Dit is hoekom dit so belangrik is om ELKE oomblik nugter te wees, en jouself voor te neem dat jy behoorlik sal nadink oor besluite wat jy neem en keuses wat jy maak. Maak elke oomblik seker dat jy goeie keuses uitoefen.

Spreuke 4:6 sê: “Maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm; as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.”

Kerke het ‘n nuwe vennoot
Die RFD (Raad op Finansiële Dienste) en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het besluit om saam te span om mense raad te gee om beter finansiële bestuur toe te pas. Die RFD gaan onder andere vra dat die kerke die mense moet leer om nie so baie geld op begrafnisse te spandeer nie. Blykbaar bestee die gemiddelde arm huishouding omtrent R40,000 aan ‘n begrafnis. Sulke arm huishoudings kan dit nie bekostig nie, en dan bring dit ook ‘n groot rentelas vir hulle teweeg.

Ek dink dit is ‘n goeie idee dat kerke mense op ‘n wye front toerus, maar ek hoop net nie dat dominees gaan besluit dat hulleself hierdie “opleiding” gaan gee om goeie finansiële bestuur toe te pas nie. Die belangrike ding om te onthou, is dat dit ‘n spesialisgebied is, en dat ‘n mens spesialiste moet kry om hierdie toerusting te doen. Dominees en pastore kan wel hulle gemeente vertel dat dit sinneloos is om ‘n groot klomp geld in ‘n begrafnis te pomp, maar goeie finansiële bestuur gaan oor meer as dit.

Ek het al ineengekrimp as ek hoor watter soort advies dominees aan gemeentelede gegee het. Op ‘n stadium het een van my vrou se kliënte byvoorbeeld vir haar vertel dat haar dominee haar advies gegee het oor hoe sy haar kind moet help wat hakkel. Onnodig om te sê, dit was 100% verkeerde advies.

Dit is nogal ‘n beginsel wat ons ook deesdae baie sterk by die universiteit benadruk. Interdissiplinêre samewerking is belangrik, maar elke aspek van daardie samewerking moet deur spesialiste verskaf word, byvoorbeeld as ‘n spraakterapeut fisiologie moet doen, dan loop sy die vak op die Mediese kampus, en dit word nie sommer deur een van hul eie dosente aangebied nie. As ‘n ekonoom ‘n kursus in etiek moet doen, dan word dit deur die filosowe en nie deur ekonome aangebied nie. Moenie jouself as ‘n spesialis uitgee as jy nie opgelei is op daardie bepaalde gebied nie.

Kortom:  die wêreld het uiters kompleks geword, en een persoon het nie alle kennis nie. Erken dat ons mekaar nodig het. Dit herinner my aan die Bybelse voorskrifte oor gawes:  Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” (1 Kor 12:21).